ERFDEEL – 40 JARE LATER KOOS DU PLESSIS

R275.00

SKU: 9781776482849 Categories: , , , , ,

Description

Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodieë het Koos du
Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar
wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering,
ontroering, ontheemding en verganklikheid. Sy musiek word dan ook dikwels
vergelyk met dié van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan.
Koos du Plessis is reeds veertig jaar oorlede, maar sy invloed binne die
Afrikaanse kulturele milieu kring steeds wyer uit. Liedjies soos “Sprokie vir ‘n
stadskind” en “Kinders van die wind” het onuitwisbaar deel geword van die
Afrikaanse kultuurskat; sy liedjies word gesing op enige plek waar daar Afrikaans
gehoor word; en meer as ‘n honderdtal kunstenaars wat musiek maak oor ‘n
breë spektrum – van Theuns Jordaan tot Johannes Kerkorrel en Battery 9 tot
Refentse Morake – het al ‘n Koos Doep-liedjie opgeneem of vertolk.
Koos kan egter moeilik getipeer word slegs as Afrikaanse liriekskrywer: benewens
‘n sestigtal oorspronklike liedjies, het daar ook postuum twee versbundels onder
sy naam verskyn. Daar is steeds ‘n aan vraag na Koos se eie vertolkings
van sy lied jies, wat daarop dui dat hy ook vir homself ‘n staanplek as
uitvoerende kunstenaar afgebaken het. Dan het sy inkennigheid, ongemaklike
verhouding met die pers en vroeë dood hom natuurlik ook ‘n besonder
enigmatiese fi guur binne die Afrikaanse kultuurwêreld gemaak.
Dis egter moeilik om meer oor Koos en sy werk te wete te kom. Tot die groot
frustrasie van joernaliste, was hy publisiteitsku en het hy selde onderhoude
toegestaan. Daar is ook nie ‘n opgaaf van sy kreatiewe werk en sy veeltal lirieke
beskikbaar nie. ‘n Koos du Plessis-liriekbundel met die lirieke en melodielyne van
die liedjies op sy eerste twee albums is al ‘n geruime tyd nie meer beskikbaar nie,
en baie van Koos se latere lirieke is aan ‘n groot deel van sy aanhangers onbekend.
Met Erfdeel word hierdie leemte gevul. Die boek bring Koos se kreatiewe werk vir
die eerste maal byeen, en vul dit aan met ‘n oorsig van sy musiekloopbaan en
leefwêreld, asook gedagtes oor die invloed van sy nalatenskap.
Al Koos se lirieke – wat ook as verse gelees kan word – is ingesluit, asook enkele
toonsettings van Koos se verse deur ander kunstenaars. Vir liedjieskrywers,
musiekmakers en musiekliefhebbers se onthalwe word kitaarakkoorde by elk
van die lirieke geplaas. Die verse uit Koos se twee bundels – Om jou verlaas
te groet (Human & Rousseau, 1985) en Skink nog ‘n uur in my glas (Queillerie,
1995) – is heropgeneem saam met ‘n vyftiental ongepubliseerde verse. Erfdeel
bevat ook biografi ese notas oor Koos se lewe, foto’s, en besonderhede oor die
ontstaansgeskiedenis van sommige van sy bekendste liedjies.

 

AUTHOR:  KOOS DU PLESSIS
ISBN:
TRADE PAPERBACK
PUBLICATION DATE  FEBRUARY 2024

“ The PUBLICATION DUE DATE was correct at the time of publishing, however all dates are estimated time of arrival and are subject to change ”“ Prices are subject to change according to the rate of exchange

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “ERFDEEL – 40 JARE LATER KOOS DU PLESSIS”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

css.php